| |||||
Volkslied: Mazurek Dąbrowskiego ("Pole behoort nog steeds vir ewig aan ons") | |||||
Hoofstad | Warskou | ||||
Grootste stad | Warskou | ||||
Amptelike tale | Pools | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Andrzej Duda Donald Tusk | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Kerstening • Koninkryk Pole • Pools-Litause Gemenebes • Verdeling van Pole • Hertogdom Warskou • Kongres-Pole • Tweede Republiek • Duitse Invasie • Volksrepubliek • Derde Republiek • Huidige grondwet |
14 April 966 18 April 1025 1 Julie 1569 24 Oktober 1795 22 Julie 1807 9 Junie 1815 11 November 1918 1 September 1939 19 Februarie 1947 31 Desember 1989 17 Oktober 1997 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
312 696[1][2] km2 (69ste) 120 733 myl2 1,48 (2015)[3] | ||||
Bevolking - 2017-skatting - 2022-sensus - Digtheid |
38 422 346[4] (35ste) 38 036 118[5] 122 / km2 (75ste) 316 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,876[7] (34ste) – baie hoog | ||||
Gini (2022) | 26,3[8] – laag | ||||
Geldeenheid | Złoty (zŀ) (PLN )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .pl | ||||
Skakelkode | +48 |
Pole (Pools: Polska, [ˈpɔlska], ), amptelik die Republiek Pole (Pools: Rzeczpospolita Polska, [ʐɛt͡ʂpɔˈspɔlita ˈpɔlska], ), is 'n land in Sentraal-Europa. Dit grens aan Duitsland, Tsjeggië, Slowakye, Oekraïne, Wit-Rusland, Rusland en Litaue. In administratiewe opsig word Pole in 16 woiwodskappe (pl. województwo, enkelvoud województwa) verdeel.
Sy geografiese ligging het 'n beduidende invloed op Pole se dikwels onstuimige historiese ontwikkeling uitgeoefen. Magtige buurlande soos Rusland en Duitsland het verskeie kere geleenthede waargeneem om Pole binne te val en te beset. Die Tweede Wêreldoorlog het die mees onlangse grensveranderings meegebring – terwyl Pole in die ooste gebiede met swak grond aan die destydse Sowjetunie moes afstaan, het Duitse gebiede met ryk landbougrond en 'n goed ontwikkelde infrastruktuur in die weste en noordooste onder Poolse administrasie gekom. Sedert 1945 vorm die Oder- en Neiße-riviere die westelike grenslyn met Duitsland.
Aangesien die geografiese sentrum van Europa naby Vilnius in Litaue geleë is, maak Pole deel uit van Sentraal-Europa. Dikwels word na lande soos Pole, Tsjeggië en Hongarye as oostelike Sentraal-Europa verwys – 'n term wat ook benadruk dat al hierdie state voormalige Oosbloklande is en almal in die 1990's 'n proses van politieke en ekonomiese hervormings begin het.
Pole is 'n stigterslid van die Verenigde Nasies en die OVSE en het in 1996 by die OESO, op 12 Maart 1999 by die NAVO en op 1 Mei 2004 by die Europese Unie aangesluit.